KSK / KBK Inligtingsvergadering

Geagte Lede en Belangstellendes

Hiermee wil ons u graag herinner aan die KSK / KBK gesamentlike inligtingsvergadering wat
gehou word op Saterdag 23 Mei 2015 om 10:00 tot 12:00 in die Kleinfontein Gemeenskapsaal.
Dit is tydens hierdie geleentheid waar KSK en KBK ’n gesamentlike projek bekend stel en wil
ons graag ons lede en belangstellendes nooi om te kom luister na wat dit als behels.

Op hierdie dag vind die jaarlikse Wildsfees ook plaas vanaf 12:00 en wil ons u elkeen
aanmoedig om hierdie geleentheid te ondersteun en die dag saam mede-Kleinfonteiners te
kom geniet.

KSK Direksie

Facebook